Wednesday, 29 May 2013

'n DAG BY DIE AKWARIUM


DIE AKWARIUM

Verleder jaar het ek na die opwindende akwarium toe gegaan.  Toe ek binne gaan, sien ek soveel kleurvolle visse wat om 'n groot paling swem.  Dit was ligte groen met tande en ek nognie so 'n groot paling gesien nie. 


Daar was baie groot vistenke oral en vis wat so anders lyk as 'n "gewone" vis.  Daar was goud geel en bloed rooi visse.  My gunsteling tenk was die grooste een, die tenk het die hele kamer vol gestaan.  Die glas was ten minste 10cm dik.  Daar was klein stervisse aan die ander kant wat so oulik was.  Die beste visse was die haaie, met groot tande en kwaai oë.  Ek wil eendag met die haaie swem.

In 'n nuwe kamer was oulike paddas wanneer jy daar klaar is kyk na die diewyne.  Om klein kinders besig te hou is daar a speelkamer. Gelukkig het ek nog nie die kamer nodig nie! 

Toe ek buite kom, het ek baie vreedsaam gevoel.  Daarna het ek heerlike calamarie vir middagete geëet, ironies!


Die prente is al persoonlike foto's.

Sunday, 26 May 2013

KUIER IN DIE KAAP SE KABELKAR

DIE KAAP SE KABELKAR

As iemand  in die Kaap kom kuier, hulle dat dit een van die beste dinge om te doen is in die kabelkar te ry tot bo Tafelberg.

Die Kaap het hulle deure vir die kabelkar die eerste keer in 1929 oopgemaak. Sedertdien is dit 'n groot sukses met besoekers. Dit maak nie saak nie of dit 'n sonsopkoms, sonsondergang of 'n mistige dag is, dit is altyd 'n genotvolle ervaring.

  • Die kabelkar neem jou na die piek van Tafelberg in onder 10 minute.
  • Geniet asemrowende 360​​-grade uitsig van die Kaapse Skiereiland tydens jou reis op en af die berg.
  • Sluit by 19 miljoen ander mense saam wat reeds hierdie spesiale Tafelberg reis ervaar.
Dit was 'n wonderlike ervaring toe ek gegaan het. Ek het by die restaurant wat bo-op die berg geleë is, vir 'n koppie koffie gegaan. Ek het opgemerk dat daar 'n vroeë-voël stappers ontbyt vir net R39 was, wat heerlik gesmaak het.
 
Dit was opwindend om so vry te voel wanneer so hoog bo almal in die wêreld is, soos Jack en die groot reuse-boontjierank.
Daar was 'n paar mense wat besluit het om van die berg af te abseil, wat ek beslis die volgende keer sal probeer.
Die Mooi Restaurant