Wednesday, 29 May 2013

'n DAG BY DIE AKWARIUM


DIE AKWARIUM

Verleder jaar het ek na die opwindende akwarium toe gegaan.  Toe ek binne gaan, sien ek soveel kleurvolle visse wat om 'n groot paling swem.  Dit was ligte groen met tande en ek nognie so 'n groot paling gesien nie. 


Daar was baie groot vistenke oral en vis wat so anders lyk as 'n "gewone" vis.  Daar was goud geel en bloed rooi visse.  My gunsteling tenk was die grooste een, die tenk het die hele kamer vol gestaan.  Die glas was ten minste 10cm dik.  Daar was klein stervisse aan die ander kant wat so oulik was.  Die beste visse was die haaie, met groot tande en kwaai oë.  Ek wil eendag met die haaie swem.

In 'n nuwe kamer was oulike paddas wanneer jy daar klaar is kyk na die diewyne.  Om klein kinders besig te hou is daar a speelkamer. Gelukkig het ek nog nie die kamer nodig nie! 

Toe ek buite kom, het ek baie vreedsaam gevoel.  Daarna het ek heerlike calamarie vir middagete geëet, ironies!


Die prente is al persoonlike foto's.

5 comments:

  1. Mooi fotos Ash! nou wil ek ook gaan! :)

    ReplyDelete
  2. Ek hoe baie van jou fotos. Is jy nie bang vir haaie nie? :)

    ReplyDelete
  3. ek hoe baie van die akwarium :) ek wil ook met die haaie een dag swem, dit is my gustelling dier :D

    ReplyDelete
  4. Vat my saam! Volgende keer?!

    ReplyDelete
  5. Hallo Ashley
    Ek is 'n onderwyseres en wil graag jou storie gebruik vir gebruik in my klaskamer. Wil net eers jou toestemming kry asb

    Vriendelike groete.
    Elmarie

    ReplyDelete