Hoe om ‘n goeie plek te kies:
As jy in die Kaap kom kuier, en jy weet nie waar om te
gaan of wat om te sien nie, is daar baie plekke waarheen jy kan gaan kyk.
Jy kan die webwerf hieronder aankliek en dit sal vir jou verduidelik
waar die top 20 plekke in die
Kaap is om te gaan kuier:
Daar is tabs op die webwerf te kliek, wat vir jou ‘n keuse sal gee vir
byvoorbeeld wil jy inkopies doen, restaurante besoek, kroe besoek, museums besoek
ens. en dit sal dan vir jou alfabeties die plekke wys. Daar is miskien 200 keuses vir elke tab om te kies. Jy kan dan
besluit wil jy die mees besoekte of die mees beveel plekke besoek. As jy die regte plek kies, dan kan jy selfs
kaartjies vir bootritte, feeste, konserte en wat nogal op die webwerf koop.
Dit is biae behulpsaam. Dankie :)
ReplyDeleteEk stem saam met Michelle!
ReplyDeleteWas jy al by "Canal Walk" in die Kaap? Daar is baie-baie winkels.
ReplyDeleteEk sal definitief die werf raadpleeg wanneer ek weer 'n daguitstappie beplan!
ReplyDeleteLet asb. op die volgende:
1. "plekke waarheen jy kan gaan kyk." - plekke waarna jy kan gaan kyk
2. "Jy kan die webwerf hieronder aankliek " - Jy kan op die webwerf hieronder kliek...
3. "tabs" - as jy nie die Afrikaanse woord kan vind nie, gebruik " "
4. "kroe" - kroeë
5."Daar is miskien 200 keuses vir elke tab om te kies." - Elke "tab" het ongeveer 200 opsies om van te kies.
6."Jy kan dan besluit wil jy die mees besoekte of die mees beveel plekke besoek." - Jy kan dan besluit of jy die gewildste plekke of die plekke wat hoogs aanbeveel word, wil besoek.
7."dan kan jy selfs kaartjies vir bootritte, feeste, konserte en wat nogal op die webwerf koop." - kan jy selfs kaartjies vir bootritte, feeste, konserte; eintlik enigiets, op die webwerf koop.